KhoiKhoi is transendent

KhoiKhoi is wat ons ‘n oorsprongtaal noem. Dit is ‘n taal wat baie takke het; ander tale wat hul plek in die wêreld gevind het, kom van KhoiKhoi. Veral isiXhosa en Afrikaans. Daar het ‘n uitwissing van KhoiKhoi plaasgevind het en dit is steeds wydverspreid. Ons moet KhoiKhoi onafhanklik erken, en nie net as die basis vir ander tale nie. Ons moet dit verhef as iets wat op sy eie staan, en wat vandag nog in baie gemeenskappe gepraat word.

Daar is ‘n wonderlike Khoi-woord; KAKAPUSA. KAKAPUSA beteken geheueverlies en uitwissing. Ons moet hierdie KAKAPUSA verwerp en van voor af begin met die viering van KhoiKhoi.

‘n Goeie plek om dit te begin om altyd verder te kyk as kolonialisme en apartheid. Oorsprong is ingewikkeld, moet deur ‘n onbesmette lens gesien word, net soveel as was ons kan kry en vind. Die KhoiKhoi-taal word geken aan sy klikgeluide. Die gebruik van klik-konsonante het versprei deur middel van kontak met ‘n aantal Nguni-tale soes isiXhosa, isiZulu en isiSotho in Suid-Afrika . Die KhoiKhoi-mense was vrymense wat dwarsoor Suid-Afrika rondgedwaal het. !NORASASIB is Khoi vir Vryheid, en !NORA is Khoi vir vry. impak van KhoiKhoi te verstaan, maar ons moet êrens en met die basiese beginsels begin. As jy iemand groet, sê jy TAWEDES.

Dit neem dalk ‘n leeftyd of uib ǁaeb in KhoiKhoi om die ingeboude geskiedenis saam met KhoiKhoi uit te pak. Ons moet oop wees vir idees. Dit is goed en wel om die hulpbronne te vind, maar die verstand moet gereed wees om te ontvang. Ons moet KHAIMA oorkom; ons moet die weerstand teen die onbekende oorkom. Dit is ongemaklik om onbekende woorde te sien. Die begin van my reis met KhoiKhoi was vir my moeilik. Ek leer nog steeds. Maar hierdie nuutgevonde lens wat ek teenoor Afrikaans het, het my gedryf om meer uit te vind, en dit het my na KhoiKhoi gelei. Ons gebruik alreeds soveel woorde van Khoi; soos dagga, kwagga en eina. Die kulturele betekenis van KhoiKhoi is in die taal. Dit is die vaste en oorblywende ding van die eerste mense. Daarbinne kan jy ‘n verlede, hede en toekoms vind.

Die taal bevat al die antwoorde, meer as wat enige geskiedenisboek u sal gee. Dit is eenvoudig verbasend; KAISE BURUXA. KAISE KA GANGAN; dankie.

Ling Sheperd

ling83 2021-04-06 18h08

PuzzleFoundry
PuzzleMan