Markdown Kenmerke

Puzzlefoundry gebruik Markdown (Afmerk?) sintaks. Markdown verskaf 'n eenvoudige teks-gebaseerde benadering om inhoud en formaat te defineer.

'n URL skuinsstreep word gebruik in 'n wiki (URL) om bladsye te groepeer in tale.

Hierdie bladsy is byvoorbeeld /wiki/af/MarkdownInleiding wat deel uitmaak van die /wiki/af/ (Afrikaanse) wiki

Wiki skakels

Teks tussen begin en end vierkantige hakies sal beskou word as 'n wiki teks, en die skakel URL is in ronde hakies.

[Kyk Hierna](/wiki/af/FantastieseBlad) is 'n voorbeeld van 'n geldige wiki skakel.

Wiki skakels kan letters, syfers, koppeltekens en onderstreep karakters insluit.

Skep van lyste

  • 'n Lys kan begin met 'n * en 'n spasie
  • Of anders kan mens nommerlyste skep deur 1. en 'n spasie en dan 2. op die volgende ry

Spesiale karakters

As jy al ooit 'n vierkantige hakie [ benodig, kan jy 'n terugstreep (\) onmiddellik voor die vierkante hakie plaas. Dit sal verhoed dat Wiki dit omskakel na 'n skakel.

Horisontale lyn


Code:---

HTML werk nie

HTML word geïgnoreer

krisvan 2017-08-08 22h31

PuzzleFoundry
PuzzleMan