Die Ontstaan van die Afrikaanse Taal

Aanvanklik het mense geglo dat Afrikaans ontstaan het in 1652. Dit kom egter voor dat Khoi-khoin mense begin het om Khoi-Afrikaans te praat in hul kommunikasie met Hollandse seevaarders. Die eerste Afrikaans was genoodsaak vir handelsbedryf tussen die Khoi-khoin en seevaarders.

Die verrassende implikasie is dan dat Khoi-Afrikaans nie uit Nederlands ontstaan het nie, omdat die Khoi-khoin nie Nederlands gepraat het nie (Prof. Christo van Rensburg skryf in sy navorsings-artikel meer Khoi-Afrikaans). Afrikaans is dus 'n kreoolse taal wat meestal uit Nederlands ontleen het. Maleis, Portugees, Indonesies asook die inheemse Khoi-khoin en San tale het ook bydraes gemaak tot die eerste Afrikaans. Aanvanklike Afrikaans het stadig die moedertaal van die Khoi-khoin geword. In 1671 het Europese mense in die Kaap gemerk dat die taal wat gepraat word nie 'n Europese taal is nie. In die 18de eeu het twee Afrikaans-sprekende groepe inlands toe begin trek, naamlik Khoi-Afrikaanse groepe en veeboere. In die 19de eeu het Afrikaans in kontak gekom met Engels, asook verskeie swart tale wat 'n groot invloed gehad het.

'n Onderwyser van die Nederlandse skool "De Gimnasium", Arnoldus Pannevis, het die taal eerste "Afrikaans"; benoem. Dit was in 1866, 4 jaar na die ontstaan van die Nederlandse skool. Pannevis was hoogs godsdienstig en wou graag die Bybel na "Afrikaans"; vertaal. Die stryd om die taal is aangevang rondom 1870 deur die GRA (Die Genootskap van Regte Afrikaners). Hulle wou 'n fonetiese geskrewe taal neerlê en het 'n stel reëls oor spelling en grammatika in 'n koerant, bekend as "Die Patriot", gepubliseer. Hulle het hierdie Afrikaans die "Burger Afrikaans"; genoem.

In 1882 het Afrikaans is die eerste Afrikaanse skool (Gedenkskool der Hugenoten) op die plaas Kleinbosch Daljosafat in die Paarl gestig. Op die stadium het baie mense nog gedink dat Afrikaans 'n minderwaardige taal was en dat Nederlands 'n taal van status was. Nederlands was gesien as die Europese konneksie aan literatuur, kuns en wetenskap. Die siening was besweer deur die verskyning van literatuur soos Eugene Marais se gedig "Winternag" in 1906, gevolg deur Jan EE Celliers met "Die Vlakte", asook vele andere digters en kunstenaars. Twee jaar na Eugene Marais se gedig "Winternag", het Afrikaans begin floreer en is die "Zuid-Afrikanse Akademie vir Lettere en Kunst deur Afrikaners" gestig. Hulle het probeer om die taal te reguleer deur 'n Taalkommissie aan te stel en in 1917 was die eerste "Woordelys en Spelreëls" gepubliseer. Pro-Nederlandse sprekers het hier 'n sterk invloed gehad, sodat meeste mense nog steeds verkeerdelik dink dat Afrikaans uit Nederlands afstam.

Tussen 1942 en 1959 het Afrikaans as taal floreer en was Afrikaans as 'n wetenskaplike taal gebruik in vier universiteite. Die 'Afrikaanse Taalmonument' was ook in hierdie tye geskep en dit was geopen in 1975, 'n honderd jaar na die stigting van die GRA. Hierna het Afrikaans 'n donker draai geneem . Na 'n politieke besluit in 1974 om Afrikaans op andersprekendes af te dwing, het Afrikaans die taal van die onderdrukker geword. Ons onthou nog die foto van Mbuyisa Makhubo, en hoe hy die sterwende jong Hector Pieterson gedra het. In 1994 word Afrikaans een van die 11 offisiële tale van Suid Afrika en in 2010 het Prof. Kwesi Prah van Ghana gesê dat Afrikaans een van die 3 wonderwerk tale is. In net vyftig jaar het die taal ontwikkel vanaf kombuistaal na 'n wetenskaplike en ekonomiese taal wat byhou met die wêreld se loop.

In 2015 het opstand weer begin teen Afrikaans as 'n institusionele taal. Huidiglik sien ons die invloed wat die media het op die taal met woorde soos "cool" en "chill".

'n Paar interessante feite oor Afrikaans: - Afrikaans is die derde mees gesproke taal in Suid Afrika na Zulu en Xhosa. - Dit word ook in baie ander kontinente gepraat. - Afrikaans kan vergelyk word met baie ander ouer taal omdat die taal meeste dinge soos kultuur, wetenskap en tegnologie dek. - Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is die mees uitgebreidste woordeboek in Afrikaans. - Meeste gesinne gebruik Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaans Taal (HAT). - Die offisiële ortografie van Afrikaans is steeds in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, wat deur die Taalkommissie geskryf word. (Die 2017 weergawe is nou beskikbaar).

Bronne

janusdelange 2018-02-25 14h43

PuzzleFoundry
PuzzleMan