Saamgestelde Woorde - woordsintese

Saamgestelde woorde is een van die redes waarom Duits meer woorde as Engels het. Tale soos Afrikaans en Duits sintetiseer nuwe woorde om afgeleide begrippe te vorm. Woorde met betekenis in eie reg, word aanmekaar geheg om die nuwe woord te vorm. Die saamgestelde woord se betekenis het verband met die betekenis van die basiswoorde waaruit die woord saamgestel is. Byvoorbeeld "slaap" + "kamer" verskaf die betekenis aan "slaapkamer".

Samestellings is veral waardevol in die vorming van meer ingewikkeld begrippe, veral in tegniese omgewings. Voorbeelde is binnebrandenjin, bedryfstelsel , elektronmikroskoop en hartvliesontsteking. Duitse samestellings soos "Schadenfreude" word internasionaal gebruik vanweë die kragtige eenduidige uitdrukkingsvermoë van saamgestelde woorde.

Samestellings kan betekenisloos wees. Kamer + deur = kamerdeur vorm 'n geldige woord maar kamer + wolk = kamerwolk het geen alledaagse betekenis nie en vorm so nie 'n geldige woord nie.

Vanaf Artikels oor Woordeboeke

krisvan 2019-02-28 01h43

PuzzleFoundry
PuzzleMan