Die Samestelling van 'n Woordeboek

'n Woordeboek word saamgestel in ooreenstemming met gebruikersbehoefte. Algemene woordeboeke is meer bruikbaar omdat algemene woordeboeke wye toepassing het.

Algemene woordeboeke kom in die volgende vorme voor:

  • Algemene woordeboeke verduidelik verskillende aspekte van die leksikon (eentalige woordeboek).
  • Algemene woordeboek help met vertaling (veeltalige woordeboeke, waarvan tweetalige woordeboeke die mees algemene vorm is) Die rol of perspektief van die gebruiker kan natuurlik ook die doel van 'n woordeboek bepaal.
  • 'n Spreker of skrywer’s woordeboek het 'n onomastieke perspektief. (Die perspektief vra '’Hoe druk mens X uit?) voorbeeld? Tesourus? Meertalige woordeboeke?
  • Die luisteraar of leser se woordeboek het 'n semasiologiese perspektief. (Dié vra: “Wat beteken X?”). Verklarende woordeboeke vervul byvoorbeeld hierdie funksie. Gebruikerbehoeftes bepaal die funksie van 'n woordeboek en dikwels is die funksie om die taal, of tale, van die woordeboek te verstaan. Woordeboeke verduidelik dikwels aspekte oor 'n taal of tussen tale. Gespesialiseerde woordeboeke word gebruik om die die gebruiker se ensiklopediese bedrewenheid te verbeter.

Die volgende aspekte bepaal ook tipies die vorm wat 'n woordeboek aanneem:

Die aantal tale:

  • 'n Enkeltalige Woordeboek
  • 'n Tweetalige Woordeboek
  • 'n Veeltalige Woordeboek

Die gebruiker se gespreks-behoefte:

  • Algemene gebruik
  • 'n Dialek van die taal
  • 'n Sosiolek Woordeboek (die dialek van 'n bepaalde sosiale groep)
  • 'n Individu se Woordeboek ('n Woordeboek oor die taalgebruik van Eugene Marais)
  • 'n Tegniese Woordeboek (in Duits bekend as Fachsprachenwörtebuch)
  • Leerder se Woordeboek (Moedertaal of tweedetaal leerder)

Voorbeelde van Taalkundige Aspekte:

  • Ortografiese Woordeboeke wat spelling en skryfreëls uiteensit
  • Woordeboeke wat Uitspraak bevat.
  • Etimologiese Woordeboeke bevat woorde se geskiedenis en ontwikkeling oor tyd
  • Sintaktiese Woordeboeke. Woordeboeke oor gesegdes of morfologiese woordeboeke wat woord-samestellings en verbuigings beskryf.

Voorbeelde van Woordeskat-versamelings :

  • 'n Woordeboek wat Neologismes (nuwe begrippe) bevat
  • 'n Woordeboek van Leenwoorde (woorde oorgeneem vanaf ander tale)
  • 'n Woordeboek oor Beledigings (In Duits bekend as Schimpfwörtebuch)
  • 'n Onomastiese Woordeboek wat benamings in 'n teikengebied beskryf
  • 'n Ensiklopedie

So sien mens dat woordeboeke meer ingewikkeld raak wanneer mens meer inligting aan die gebruiker wil oordra. Tegnologie het 'n groot invloed op die evolusie van woordeboeke. Tegnologie verander beide woordeboek behoeftes (Bv. Afrikaanse speltoetsers asook toepassingsmoontlikhede of nuwe funksionaliteit (Bv. uitspraak). PuzzleFoundry het natuurlik ook unieke aspekte van woordeboeke vervat in die stelsel. Een van die pogings is om trans-taal begrippe te identifiseer deur te kyk na groepering van verwantskappe tussen al die tale.

Vanaf Artikels oor Woordeboeke

krisvan 2019-02-28 01h36

PuzzleFoundry
PuzzleMan