Taal is onvolmaak, dus ons kan nie 'n perfekte woordeboekstelsel skep nie. Die langtermyn doelwit is om semantiese algoritmes op tale te skep.

PuzzleFoundry hou spesifieke woord-verwantskappe instand waar die verwantskappe nie ekstra werk skep nie.

Twee woorde is verwant aan mekaar wnaneer ons nie spesifiek is nie - byvoorbeeld "ondersoek" en "bevraging" is verwant aan mekaar.

Woorde kan gekoppel deur deur meer spesifieke verhouding tipes:

  • 'n Superset dek die hele subset. Alle ape is soogdiere, so aap is 'n subset van soogdiere. Rooi is 'n subset van kleur. As mens vra - watter kleur is skarlaken ?, - sou ons sê dit is 'n soort rooi. As ons meer presies wou wees, sou ons sê dit het 'n sterk verhouding met rooi en 'n swak verhouding met blou. Of dit het 'n sterk verhouding met rooi en 'n sterk verhouding met pers.
  • Sinonieme is woorde wat in die meeste gevalle (sê 90% van die tyd) nie die betekenis in 'n arbitrêre sin verander wanneer jy een woord met 'n ander vervang nie. So Woensdag (Afrikaans) en Mittwoch (Duits) is sinonieme met mekaar (met dien verstande dat die leser albei tale verstaan). Oor die algemeen is dit voordelig om ten minste een sinoniem op elke woord te hê. So waar daar veelvuldige verwante woorde is, wil ons die woord met die naaste verhouding kies as sinoniem indien dit moontlik is.
  • Konjugasie is verwantskappe tussen woorde waar twee woorde dieselfde betekenis stam het. Byvoorbeeld "navrae" en "navraag" is konjugasies van mekaar.

krisvan 2020-08-21 22h44

PuzzleFoundry
PuzzleMan