Woord Trapleer

Woord Trapleer (ook bekend as Doublets) is 'n woordespel wat deur Lewis Carroll uitgedink is. Om 'n trapleer raaisel op te los, moet jy, of die PuzzleFoundry algoritme, 'n trapleer van woorde saamstel waar elke opeenvolgende woord net een letter uitruil.

  • Die spel begin met 'n beginwoord en 'n eindwoord waar beide in die PuzzleFoundry-tesourus bestaan.
  • Die begin en eind-woorde moet dieselfde lengte wees (soos geset en slank, elkeen met vyf letters). Korter woorde is meer geneig om oplossings te hê as lang woorde.
  • 'n Mens kan enige letter verruil, om van die beginwoord na die eindwoord te beweeg. In die PuzzleFoundry-weergawe kan jy ook 'n letter met enige ander letter binne dieselfde woord ruil.
  • Elke tussenstap moet 'n geldige woord wees

Sommige voorbeelde:

  • geset -> gesel -> getel -> setel -> steel -> steek -> strek -> strak -> staak -> stank -> slank
  • haat -> haal -> hael -> hiel -> siel -> lies -> lief
  • sleg -> vleg -> voeg -> voed -> goed

Om van smart na geluk te beweeg is nie maklik nie, dit neem sewentien stappe.

Die (setel -> steel) stap in die voorbeelde illustreer verruiling binne dieselfde woord.

Let daarop dat resultate met verloop van tyd kan verander namate woorde bygevoeg of verwyder word.

Unieke funksies is verwerkings-intensief en is hier beskikbaar

krisvan 2017-10-29 22h53

PuzzleFoundry
PuzzleMan