Woord Wandelinge

Hierdie funksie gebruik die woordeboeke om skakels tussen verwante woorde te vind, soms met interessante resultate. Mens begin doodeenvoudig met twee geldige PuzzleFoundry woorde. Stel jou lewensvrae soos,- Hoe beweeg mens van sleg na goed, van arm na ryk, van haat na liefde.

Voorbeelde:

  • haat -> afkeer -> fobie -> obsessie -> verliefdheid -> liefde
  • smart -> lyding -> teenspoed -> ongeluk -> toeval -> geluk
  • smart -> verlange -> hoop -> kaboedel -> lot -> geluk
  • afgesaag -> banaal -> vulgêr -> kakelbont -> bont -> kleurryk -> boeiend
  • onwaar -> imaginêr -> fantasties -> voortreflik -> voorbeeldig -> korrek
  • vals -> gekunsteld -> gemanierd -> onberispelik -> korrek -> waar
  • vals -> verkeerd -> skuldig -> verantwoordelik -> betroubaar -> waar
  • lawaai -> oproer -> staking -> stilstand -> stilte
  • sleg -> verskriklik -> besonder -> uitstekend -> goed
  • sleg -> oes -> produk -> handelsware -> goed
  • geset -> swaar -> moeilik -> delikaat -> slank

Alle skakel verwantskappe behalwe antonieme word in die algoritme gebruik. Let daarop dat resultate met verloop van tyd kan verander namate woordeboeke ontwikkel.

Die funksie verskaf ook 'n manier om onvanpaste skakels te vind. Kontak ons om 'n woordeboek redigeerder te word ;)

Unieke funksies is verwerkings-intensief en is hier beskikbaar

krisvan 2017-10-18 03h41

PuzzleFoundry
PuzzleMan