Woord Konsepte

Hierdie PuzzleFoundry-algoritme pas ​​grafiek teorie toe op verwantskappe tussen woorde om betekenisvolle groepe te vorm. Twee gekoppelde woorde kan nie hul eie groep vorm nie. 'n Groep is die interaksie tussen drie of meer woorde. Die algoritme begin met direk verwante woorde en soek dan na buite. PuzzleFoundry gebruik veeltalige woordeboeke, so alhoewel resultate slegs in een taal vertoon word, word woorde van ALLE tale gebruik in die algoritme. Die woordkonsepte wat vertoon word, is verwant aan die gegewe woord, so in sommige gevalle kan konsepte se betekenis effe verwyderd van die gegewe woord wees.

Volledigheidshalwe word woord definisies (frases) ook vertoon.

Voorbeeld: die algoritme lys die volgende groeperings vir die woord "trek":

  • wegskuif migreer wegtrek weggaan
  • vertrek weggaan uittrek verlaat verhuis emigreer wegtrek
  • sleep wegsleep verskuif beweeg
  • weglok lok verlei
  • aantrek aanlok lok verlei
  • luggie bries windjie briesie vlaag wind
  • lugstroom bries wind
  • eienskap kenmerk karaktertrek

Bogenoemde resultate sal wissel soos woordeboeke verander en wanneer ons die algoritme verfyn

Na afloop van die lopie, word groepe saamgesmelt wanneer hulle basies dieselfde is. Dit is natuurlik moontlik dat 'n woord net met 'n enkele woordgroep verband hou.

Wanneer die algoritme nonsens vertoon is die mees waarskynlike oorsake as volg:

  • Te min woordeboek skakels tussen verwante woorde
  • Woorde is verkeerd gekoppel in die woordeboeke.
  • Te veel woordeboek skakels tussen verwante woorde

Die woordeboeke het onderhoud nodig wanneer die uitset nonsens vertoon! Kontak ons om 'n woordeboek redigeerder te word ;)

Unieke funksies is verwerkings-intensief en is hier beskikbaar

krisvan 2017-10-19 20h55

PuzzleFoundry
PuzzleMan