Geldige Afrikaanse woorde

Afrikaans word deur verskillende kultuurgroepe gebruik. Dit is belangrik dat Afrikaans nie staties bly nie, en woorde van alle bronne in die taal insluit. Kleurlinge lewer byvoorbeeld waardevolle bydraes deur pittige stelwyses.

Ek sukkel egter met sommige woorde wat opgeneem word in offisiële bronne soos HAT (Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal) en WAT (Woordeboek van die Afrikaanse taal)

Byvoorbeeld:

  • Die HAT lys "rekwes" as 'n geldige woord,- menend "versoek".
  • Die HAT lys "laak" as 'n geldige woord,- menend "afkeur".
  • Die HAT lys "dupe" as 'n geldige woord,- menend "slagoffer".
  • Die HAT lys "reef" as 'n geldige woord,- menend "smal strook in 'n seil"
  • Die HAT lys "graas" as 'n geldige woord,- menend "wei"

Mens voel verplig om sulke woorde op te neem in die PuzzleFoundry korpus, maar miskien moet mens nie.

Dit is handig om woorde uit ander tale oor te neem wanneer daar nie 'n goeie woord in Afrikaans bestaan nie. Tot watter mate moet ons anglisismes aanvaar? Moet mens anglisismes oorweeg wanneer daar 'n meer beskrywende woord in Afrikaans bestaan? Duits is seker die taal met die grootste woordeskat en is 'n goeie bron vir nuwe woorde, veral omdat Duitse woorde baie soortgelyk aan Afrikaans is.

Daar is ook 'n tendens om verskillende spellings vir woorde te lys. Dit is soms nodig, maar dit blyk eerder die norm as die uitsondering te wees in verskillende bronne. Die AWS of Afrikaanse woordelys en spelreëls stel twee spelwyses vir "varre"="varings", "tonka"="konka" vir blik of kan en swerk=werk?. Die HAT spesifiseer spelwyse "groosheid" in plaas van "grootsheid". In die speltoetser HunSpell wat in algemene gebruik is, bestaan "onbeheersbaar", maar die meer elegante spelling "onbeheerbaar" (sonder die s) bestaan nie.

Arbitrêre afwykings in spelling skep verwarring vir ons,- die gebruikers van Afrikaans. My taal is 'n reuse wolk van verskillende weergawes.

Vanaf Artikels oor Taal

krisvan 2019-02-28 01h40

PuzzleFoundry
PuzzleMan