Woordeboeke Redigeer

Woordeboeke word standgehou deur gebruikers. Om woordeboeke te redigeer, moet jy 'n redigeerder wees. Skerms vertoon anders vir redigeerders as vir gewone gebruikers. Versoek die nodige toegang indien jy 'n redigeerder rol verlang.

Proses oorsig

  • Die proses waardeur woordeboeke verander vang aan in Woordeboeke soektog.
  • Redigeerders verander die woord (skep, verander of verwyder die woord, woord eienskappe en die skakels tussen woorde)
  • Woordeboek wysigings word dan goedgekeur deur jou taal se Woordeboek administreerder(s).
  • Die Woordeboek administreerders pleeg dan 'n stel/bondel wysigings na die hoof woordeboek.

Redigering vang aan deur woordsoektogte skerm

Wanneer 'n Redigeerder 'n woord gesoek het, kan Redigeerders die skakel gebruik om die woord en verwante verwysings te redigeer. 'n Alternatiewe manier om woorde te identifiseer vir redigering, is deur woorde te lys wat moontlik aandag vereis. Selekteer die teiken "van" en "na" tale waar toepaslik:

  • Woorde met min skakels na ander woorde
  • Woorde met te veel skakels na ander woorde. "Skakels skrap" al die assosiasies met slegte assosiasies. Indien daar steeds te veel skakels is,- Kies dan enkel "Skakel skrap" waar die assosiasies swak is. 'n Tweerigting "Skakels skrap" verwyder ook die skakel vanaf die ander woord na hierdie een.
  • Woorde met teenstrydige leksikale woord tipes ('n Naamwoord behoort nie aan 'n werkwoord te koppel nie)
  • Woorde wat geen leksikale woord tipe het nie of moontlik te veel leksikale woord tipes

Die woordeboek soektogte beperk die maksimum aantal woorde wat vertoon word. dit neem 'n paar sekondes om die lyste te vertoon.

Woord redigering:

Die tesourus in dieselfde taal sal tipies met 'n stel verwante woorde skakel, en die tesourus tussen tale sal tipies met sinonieme woorde koppel.

Woorde is kas-sensitief, so "Mars" (planeet) en "mars" (militêre staptog) is verskillende woorde. Kies 'n kleinletter waar 'n woord met 'n hoofletter of 'n kleinletter kan begin.

Woorde kan meer as een leksikale woord-tipe hê ('n woord kan beide werkwoord en naamwoord wees) Ctrl-kliek om meer as een te selekteer.

Ken 'n domein van Taksonomie toe aan plantname en dierename.

Mens kan die verwantskappe tussen woorde spesifiseer. Twee woorde kan antonieme wees soos "lelik" en "mooi" of 'n subset, soos "miervreter" wat 'n subset is van "soogdier".

'n Woordeboek/tesourus in 'n enkel taal: Elke woord kan rofweg skakel met 3 tot 12 woorde.

Waar nie alternatiewe woorde bestaan nie, is 'n beskrywing wenslik. Frases (beskrywings) kan gekoppel word aan meer as een woord. Klein verbeteringe kan gemaak word aan bestaande beskrywings. Vir volskaalse wysigings van beskrywings, skrap die beskrywing en voeg 'n nuwe by. Die stelsel ignoreer beskrywings wat HTML bevat soos frases met <>& karakters

Woordeboeke tussen twee tale: Ideaal sal elke woord verwys na tussen 1 en 3 woorde in 'n ander taal. Die woord in die ander taal waar die betekenis die beste ooreenstem kan met 'n verwantskap van "sinoniem" genomineer word.

Redigering van Skakels tussen woorde

Redigeerders kan woorde in alle tale redigeer. Skakels word bygevoeg indien die teiken woord bestaan op die tydstip waarop die pleeg plaasvind. Wanneer mens twee woorde koppel tussen dieselfde tale, sal die stelsel die teiken woord te skep indien die skakelwoord nie bestaan nie.

Dit is moontlik om te koppel met woorde in ander tale waar die woord nie in die ander taalwoordeboek voorkom nie.

Daar is twee skakelings moontlikhede:

  • Die eerste woord is aan die tweede te koppel (eenrigting skakel), OF
  • Die eerste woord is aan die tweede gekoppel en die tweede woord aan die eerste (wederkerige skakels).

Normaalweg gebruik mens wederkerige skakels.

In sommige gevalle is dit beter om 'n eenrigting skakel te gebruik:

Byvoorbeeld mens sal dalk Hongaar koppel aan volksgroep, maar nie volksgroep koppel aan Hongaar nie. 'n Ander voorbeeld is waar mens minder aan alternatiewe spellings van 'n woord wil koppel. 'n Ander Voorbeeld is taksonomie. Elke soogdier (takbok,miervreter ensovoorts) sal aan “soogdier” koppel maar “soogdier” sal gewoonlik nie aan al die individuele soogdiere koppel nie.

Stelsel voorstelle vir woorde wat moontlik verwant is:

Waar een of meer skakels bestaan, kan mens die stelsel gebruik om woorde voor te stel. Spesifiseer die teiken taal en druk die "verwant" knoppie.

Wysigings goedkeur skerm

Redigeerders met 'n Administrasie rol kan wysigings goedkeur. Mens kan terugblaai deur die vorige goedgekeurde woorde en besluite hersien deur gebruik te maak van die "Vorige" knoppie.

Pleeg wysigings skerm

Wanneer redigering van woorde goedgekeur is, word die woorde geïntegreer met die sentrale woord databasis deur 'n lopie. Redigeerders met 'n Administrasie rol kan wysigings pleeg en kan ook spelling-korreksies aan bestaande woorde maak in die skerm. Wanneer 'n redigeerder twee woorde gekoppel het tussen verskillende tale, kan dit wees dat die teiken woord nie bestaan in die ander taalwoordeboek nie. In sulke gevalle sal die ander taal-woord geskeduleer word na die toepaslik redigeerder vir goedkeuring, en sal die woord eers gepleeg word wanneer die ander redigeerder die goedkeuring-proses voltooi.

Redigeerders kan ook woorde hernoem. Dit is handig vir spelling korreksies. Waar 'n woord spelling verander na 'n bestaande word, word die twee woorde saamgevoeg in die teiken spelling met 'n samevoeging van alle skakels.

Herskep van Woordsoektog kasgeheue deur bondelverwerking.

Gepleegde wysigings is nou deel van die amptelike woordeboek, maar is eers sigbaar in die Woord soektogte nadat Woordsoektog data opgedateer is deur 'n bondel-lopie. Hierdie bondel-lopie loop tipies daagliks.

Vanaf wiki tuisblad

krisvan 2023-05-08 04h41

PuzzleFoundry
PuzzleMan